|
Die ou Centurion Munisipaliteit het bestaan uit 12 verkose wyksraadslede en agt lede wat op proporsionele grondslag verkies is. Hierdie struktuur is nou opgeneem in die Tshwane Metropolitaanse Raad wat op 5
Desember 2000 tot stand gekom het. Hiervolgens word Centurion deur agt wyksraadslede verteenwoordig, asook 'n aantal raadslede wat op proporsionele grondslag aangewys is.
Organisasiestruktuur
Die plaaslike bestuurstruktuur of munisipaliteit funksioneer in 14 departemente wat elkeen gelei word deur bekwame en goed opgeleide beamptes. Alle dienste word deur die struktuur gelewer
Belangrikste Dienste
Die nooddienste word eerste vertoon en ander dienste laer af.
Ambulans- en Brandweerdiense
24 uur per dag beskikbaar
Burgerlike Beskerming
Hierdie funksie berus by die munisipaliteit. Dit is 'n bystandsdiens wat burgerlike
ontwrigting tydens natuurrampe en vyandelike optrede moet bekamp. Die diens bied verskeie kursusse aan vir die publiek, onder meer noodhulp, brandbestryding en veiligheidsmaatreëls.
Elektrisiteit
Die munisipaliteit versprei elektrisiteit wat deur Eskom voorsien word, aan meer as
16700 wonings en 300 nywerhede deur 132 kV en 11kV netwerke.
Die elektrisitetsbeheerkamer word tussen 06:00 en 22:00 beman deur een persoon wat onderbrekings deur afstandbeheerde toerusting kan probeer herstel. Tydens
groot onderbrekings word die noodtelefone gekoppel aan 'n antwoordmasjien om die beampte in staat te stel om die foute te probeer herstel of die herstelwerk te
koördineer. Wanneer die beheerkamer nie beman word nie, word die oproepe deur 'n radiobeheerstelsel deurgeskakel na die elektrisiën aan diens herlei.
|