|
Belangrik: Weens die groot hoeveelheid gemors wat op die bord geplaas is, word plasing tans nie toegelaat nie. Ons vra om verskoning vir die ongerief. Sodra ons ‘n praktiese oplossing gevind
het, sal die bord heropen. U kan steeds bestaande plasings besigtig.
Ons nooi u uit om met ander persone van Centurion of oor Centurion te gesels en te debatteer op KletsNet. U is welkom om oor enige onderwerp en in enige
taal te kommunikeer. Hoewel ‘n aantal onderwerpe “begin” is om die bespreking aan die gang te sit, is u welkom om ander onderwerpe aan te roer.
Die dokumentasie op die kletsbord is tans slegs in Engels beskikbaar aangesien dit standaard is met die produk wat ons gebruik. Ons vra verskoning daarvoor maar u behoort KletsNet te kan gebruik sonder om na die dokumentasie te
verwys. U word aangemoedig om in die taal van u keuse deel te neem.
Daar is voorwaardes verbonde aan die gebruik van KletsNet. Deur KletsNet te gebruik, aanvaar u hierdie voorwaardes onherroeplik.
KletsNet is eenvoudig om te gebruik. Daar is egter wel aanwysings indien u onseker is of van die meer gevorderde fasiliteite wil gebruik. Wanneer u KletsNet binnegaan, word ‘n lys van bestaande onderwerpe verskaf. Klik bloot op die
onderwerp waarin u belangstel en neem deel aan die bespreking. U benodig nie ‘n wagwoord nie behalwe vir sekere beperkte besprekings..
|