 |
|
|
 |
|
|
 |
|
Fossiele wat by die Sterkfonteingrotte ontdek is, wys dat aapagtige mense of mensagtige ape reeds 2 tot 3 miljoen jaar gelede die omgewing van Centurion bewoon het. Die Sterkfonteingrotte, ‘n węrelderfenisterrein, is minder as
50km vanaf Centurion geleë.
|
|
|
|
|
Die vroegste bewyse van die teenwoordigheid van die moderne mens in die Centurion-gebied strek darem nie so vęr terug nie. Dit dateer terug na 1200 AD toe swart gemeenskappe hulleself in die gebied gevestig het. Hierdie
bewoners het lande bewerk, vee aangehou, erdwerkhouers gemaak en yster gesmelt.
Tussen 1825 en 1826 het Matabele die Bakwena-stam verslaan en hulleself, onder die leiding van Silkaats, langs die Magaliesberg gevestig.
In
1841 het die Erasmus-familie in die gebied wat Centurion sou word aangekom en hulle hier gevestig. Die familie het hulle op drie plase gevestig. Daniel Jacobus Erasmus het hom op die plaas Zwartkop gevestig, Daniël Elardus Erasmus op
die plaas Doornkloof en Rasmus Elardus Erasmus het die plaas Brakfontein ontwikkel. Talle van die voorstede in die gebied soos Erasmia, Elarduspark, Zwartkop en Doornkloof, is na die oorpronlike eienaars van die grond en hulle eiendomme
vernoem.
In 1849 het Ds Andrew Murray die plaas Doornkloof besoek en 129 babas gedoop, 26 nuwe jong lidmate van die Hervormde Kerk se geloofbelydenis aangehoor en die volgende dag, 29 Desember, Nagmaal gevier.
|
|
 |
 |
 |
|
 |
 |
|
 |
|
Centurion het ontstaan uit die aanvanklike dorpsgebied Lyttelton wat in 1904 op die plaas Droogegrond aangelę is. In 1942 is die dorspgebied Lyttelton Manor Uitbreiding 1 gestig. Hierdie twee dorpsgebiede het aanvanklik onder die
Raad vir Buitestedelike Gebiede, Pretoria, geresorteer. In 1950 bekom die dorpsgebiede 'n Gesondheidskomitee van ses lede en in 1955 word 'n dorpsraad gevestig. Stadraadstatus volg in 1962, en die raad het bevoegdheid oor 'n gebied
van 777 hektaar.
|
|
|
|
Op 5 Desember 2000 word die stad, met behoud van sy naam, ingelyf in die nuwe Tshwane Metropolitaanse Raad na die landwye munisipale verkiesing op hierdie datum. Centurion word verteenwoordig deur 8 verkose raadslede uit die wyke
waarin die stad verdeel is, terwyl 'n verdere aantal raadslede volgens 'n proporsionele kandidatelys aangewys is.
'n Plaaslike bestuurstruktuur bly steeds verantwoordelik vir sekere take binne die gebied waaruit Centurion bestaan.
|
|
|
|
 |
|
|
|

Bronne
Die volgende bronne word met dank erken:
- Centurion Stadsraad Dienstegids
- Brosjures: Centurion-Oos Erfenisroete en Centurion-Wes Erfenisroete (© CULTMATRIX), geskep deur Afdeling: Kultuur, Rekreasie en Gemeenskapverryking Centurion Stadsraad met insette van verskeie
mense en groepe soos mnr. Hannes Hattingh, lede van Hennopsvallei Bewarea en mense van Laudium.
|
|
|
|

|
|
Waarheen nou?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Die gebruik van hierdie Webwerf,
die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko. Met die besoek en gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die
Webmeester.
 Hierdie Webwerf en sy inhoud behoort aan CenturioNet, ‘n afdeling van SUPROKON Bestuursdienste. Sien Kopiereg vir gebruiksvoorwaardes en outeursregkennisgewing.
© 2001, 2002, 2003, 2004, 2005, 2006, 2007, 2008. CenturioNet Alle regte voorbehou.
|
|
|
|
|

|
|
|
 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Besigheidsgids
|
|
|
|
Lys van besighede in Centurion. Ekonomiese data (statistiek) oor Centurion.
|
|
|
|
|
|
|
|
Vir ontwerp en huisves van webwerwe soos hierdie:
|
|
|
|
|
|
|
|
 Gratis kalender vir 2010
|
|
|