|
Die organisasie ondersteun en verskaf riglyne aan ontvangerorganisasies wat doeltreffende en toepaslike dienste lewer en hulle eie hulpbronne doelmatig aanwend.
Die kas poog om die behoeftes van alle skenkers te bevredig deur
die fondse van die gemeenskap so wyd en doeltreffend moontlik aan die gemeenskap te versprei.
Doelwitte
Die doelwitte van die Gemeenskapskas is as volg:
- Om spesiale welsynsdienste te bevorder deur hoofsaaklik finansiële hulp te verleen binne die bedryfsarea en om fondse vir hierdie doel in te samel.
- Om aan die gemenskap die geleentheid te bied om menslike welsynswerk te verrig deur die Gemeenskapskas. Die kas se doel is om sodanige bydraes te versprei onder geregistreerde welsyn- en fondsinsamelingsorganisasies wat aanbeveel
word deur die Streekswelsynsraad van die Departement Gesondheid en Welsyn sowel as ander liggame wat deur die direksie goedgekeur is.
- Om samewerking, doeltreffendheid en ekonomiese bedryf te bevorder van welsynsorganisasies en ander liggame wat deur die direksie goedgekeur word in die vermelde areas.
- Om saam te werk met ander gemeenskapskasse in die daarstelling en instandhouding van ‘n Nasionale Raad van Gemeenskapskasse wat ten doel het om die aktiwiteite van kasse op ‘n nasionale basis te koördineer.
- Om enigiets te doen wat te doen het of bevorderlik is vir die bereiking van die kas se doelwitte soos uiteengesit in die grondwet.
Kontakbesonderhede en Deelname
Om deel te neem aan enige van bogenoemde projekte kan enige van die volgende Bestuurslede geskakel word:
- Hennie Vorster (Voorsitter)
- Rita Aucamp (Uitvoerende Direkteur)
- Erwin Stark (Vise-Voorsitter)
- Marietha Aucamp (Skakelbeampte)
- Thea Naudé (Sekretaris)
Die Tshwane Gemeenskapskas het tans 54 geaffilieerde welsynslede wat hulp benodig met betrekking tot fondse en ander hulpmiddels.
Vir enige verdere navrae, skakel ons gerus by +27 (012) 664 8176
|