|
‘n Groot verskeidenheid gemeenskapsaktiwiteite kom in Centurion voor en is in die verlede aktief ondersteun deur die plaaslike owerheid. Talle gemeenskapsorganisasies is deur hulle bemiddeling gestig en bevorder. Die nuwe bedeling met
betrekking tot plaaslike regering bring egter onsekerheid mee en daar kan verwag word dat veranderings sal plaasvind.
Hierdie bladsye van CenturioNet verskaf tans maar nog net ‘n beperkte blik op gemeenskapsorganisasies en
aktiwiteite. Daar is reeds inligting op die bladsye oor die volgende organisasies wat diens aan die gemeenskap lewer en terselfdertyd afhanklik is van die steun van die gemeenskap:
Op Kleutersorg verskaf ons kontakinligting oor instansies wat versorging bied aan kleuters (kleuterskole, speelgroepe, kinderbewaarplase en dagmoeders).
Gemeenskapsorganisasies word genooi om hulle inligting aan te bied deur die vorm te gebruik wat voorsien word. U is ook welkom om ons op ‘n ander manier te kontak. Maak ook gerus gebruik van KletsNet om gemeenskapsake te bespreek.
|