|
In 'n poging om hierdie visie uit te leef het die vereniging die CGBM tot stand gebring. Die direkteure van hierdie Artikel 21 maatskappy word deur die vereniging aangewys.
Die primęre doel van die maatskappy is om die
veiligheidsgemeenskap, veral die SAPD, te ondersteun deur middel van geldelike bydraes, voertuie en toerusting, om Centurion die veiligste gemeenskap in die land te maak. Op hierdie manier het die CGBM reeds R5 miljoen se ondersteuning
gelewer.
Die CGBM verskaf ook talle ander dienste wat in elke sekuriteits- en noodbehoefte behoort te voorsien. Onder die dienste wat gelewer word is onder meer:
- Koördineer 'n traumadiens en bystand van die slagoffers van geweld;
- 'n Dwelmforum;
- Veilige verblyf vir slagoffers van veral gesinsgeweld;
- Wapen- en noodhulpopleiding;
- 'n Evaluasielokaal vir kinders by die SAPD se Kinderbeskermingseenheid;
- 'n Kommunikasiesentrum vir Centurion;
- Onderhandel namens die inwoners van Centurion om veiligheid te verbeter.
Benewens hierdie basiese dienste, bied die maatskappy ook kommersiële dienste, soos die verskaffing van persoonlike en huishoudelike sekuriteitstoerusting:
- Alarmmonitering
- Voorsiening van wagte
- 'n Gewapende reaksie-eenheid
- Installasie en herstel van alarms en toerusting
- Advies en koverte dienste
- Mediese noodondersteuning (Netcare)
- Hulp met korttermynversekering.
Die CGBM beoog ook nog talle ander projekte om sy visie te help ondersteun. Dit sluit projekte in soos werkskepping vir veral skoolverlaters, die vestiging van 'n landdroshof
in Centurion, 'n noodnommer vir Centurion en die ondersteuning van slagoffers van geweld en misdaad. U kan die CGBM ondersteun deur lid te word, as borg op te tree of u dienste aan te
bied. Vir meer inligting oor die CGBM se dienste of hoe u betrokke kan raak, skakel +27 (012) 653-5342 en praat met PW of Annalien of skryf aan:
Posbus 600 Wierdapark 0149
|