|
Doelwit
Die doelwit van CENBIS is om 'n welvarende sakegemeenskap tot voordeel van die inwoners van Centurion te help ontwikkel deur aan die kleinsakegemeenskap maklike toegang te verleen tot alle beskikbare en toepaslike inligting- en
ondersteuningsdienste ter bevordering van gesonde kompetisie in die sakegemeenskap.
Waardestelsel
Cenbis se waardestelsel is gegrond op die volgende beginsels:
- Gesonde sakepraktyk
- Gesonde sakebeginsels
- Inklusiwiteit van die totale gemeenskap, en
- Volle deelname deur die gemeenskap
Dienste
Onder sy primêre dienste tel:
- Kredietwaaarborge en finansiële ondersteuningsdienste
- Hulp met voltooiing van aansoeke om finansiële en kredietwaarborgskemas
- Opstel van besigheidsplanne
- Opleiding in bestuurs- en sakevernuf
- Sakekonsultasies en mentorskapprogramme
- Nywerheids- en tegnologiese advies.
- Ekonomiese en lewensvatbaarheidstudies.
- Regshulp, boekhou- en rekeningkundige dienste.
- Beleggingsadvies.
- Uitvoerbevordering en marknavorsing.
- Bystand aan kleinsake met staatstenderprosedures.
- Omvattende naslaanbiblioteek vir sake-ondernemings.
- Bystand met groei- en uitbreidingsplanne.
- "Business Referral and Information Network (BRAIN)"
Kontakbesonderhede
Vir meer inligting oor Cenbis:
Die kantoor is geleë aan die oostekant van die biblioteekkompleks op die hoek van Cantonnementsweg en Unielaan in Lyttelton.
|