Centurion beskik nie oor veel inrigtings vir bejaardes nie en daarom lewer die Centurion Raad vir Bejaardes die meeste van hulle dienste aan in drie dienssentra of die blyplekke van die minstens 3 500 ouer persone wat een of ander
vorm van versorging benodig.
Hierdie benadering verseker dat bejaardes so lank as moontlik relatief onafhanklik binne die gemeenskap kan bly.
Onder die dienste wat binne die gemeenskap gelewer word tel geriatriese klinieke, tuisversorging, hulp met algemene higiëne, wondversorging, bloeddruk- en bloedsuikertoetse, na-operatiewe sorg, etes en ander
ondersteuningsdienste.
Om hierdie dienste doeltreffend te verskaf word dit deur 'n multidissiplinêre span bestaande uit verpleegkundiges, maatskaplike werkers, fisioterapeute en arbeidsterapeute.
Bejaardes word lede van een van die drie diensstenrums waar hulle allerlei dienste kan ontvang soos etes en voet- en haarversorging. Daar is ook geleentehid vir sosiale saemsyn en koorsang. Bejaardes word ook op daguitstappies
en toere geneem, terwyl die wat wil kaart kan speel of die biblioteek besoek. Bidure en Bybelstudie word gehou, terwyl die fikses aan Fitgim kan deelneem.
Die raad bied ook opleiding aan vir diegene wat belangstel in die versorging van bejaardes, asook vir huishulpe en mense wat Alzheimer-pasiënte versorg.
Die Raad vir Bejaardes steun swaar op die gemeenskap vir finansiële en ander steun.
Die gebruik van hierdie Webwerf,
die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko. Met die besoek en gebruik van hierdie Webwerf aanvaar die besoeker bogenoemde voorwaardes.
Rig kommunikasie met betrekking tot hierdie Webwerf aan die
Webmeester.