|
Dit is sentraal geleë in Gauteng, die nywerheids-, besigheids- en administratiewe hartland van Suid-Afrika. Verbinding met ander sentra rondom Centurion geskied met die hulp van twee snelweë, die Ben Schoeman- en Danie
Joubert-hoofweë, asook die hoofweg tussen Pretoria, Kemptonpark en die Johannesburg Internasionale Lughawe. Alternatiewe verbindingsroetes met Pretoria, Johannesburg en die Oos- en Wesrand is ook beskikbaar.
|