|
Muurpapier
Neem kennis dat die gebruik van die elektroniese kalender-, skermskut- en muurpapierprodukte
onderhewig is aan die voorwaardes en bepalings soos vervat in ons outeursregkennisgewing (Kopiereg).
Kalender 2010: Elsa Blem
Twaalf werke van Elsa Blem. Hierdie werke verskyn op CenturioNet se 2010 lessenaarkalender, wat
ook gratis bekom kan word. Weergawes met die maand se kalender word ook verskaf.
Kalender 2009: Leerlinge van Hoërskool Eldoraigne
Twaalf werke van leerlinge van Hoërskool Eldoraigne. Hierdie werke verskyn op CenturioNet se 2009 lessenaarkalender, wat ook gratis bekom kan word. Weergawes met die maand se kalender word ook verskaf.
Kalender 2008: Karien Boonzaaier
Twaalf werke van Karien Boonzaaier. Hierdie werke verskyn op CenturioNet se 2008 lessenaarkalender, wat ook gratis bekom kan word.
Weergawes met die maand se kalender word ook verskaf.
Kalender 2007: Louise Grove-Wiechers
Twaalf werke van Louise Grove-Wiechers. Hierdie werke verskyn op CenturioNet se 2007 lessenaarkalender, wat ook gratis bekom kan word. Weergawes met die maand se kalender word ook verskaf.
Kalender 2006: Elmarie Krische en Nora Bowyer
Agt werke van Elmarie Krische en vier van haar student, Nora Bowyer. Hierdie werke verskyn op CenturioNet se 2006 lessenaarkalender,
wat ook gratis bekom kan word. Weergawes met die maand se kalender word ook verskaf.
Kalender 2005: Tienie Roets
Twaalf werke van Tienie Roets, bekroonde kunstenaar van Centurion. Hierdie werke verskyn op CenturioNet se 2005 lessenaarkalender,
wat ook gratis bekom kan word. Weergawes met die maand se kalender word ook verskaf.
Kalender 2004: Stefan Winterbach
Twaalf werke van Stefan Winterbach, bekroonde kunstenaar van Centurion. Hierdie werke het ook verskyn op CenturioNet se 2004
lessenaarkalender.
Kalender 2003: Alain Nortjé
Twaalf werke van Alain Nortjé, bekroonde kunstenaar van Centurion. Hierdie werke het ook verskyn op CenturioNet se 2003
lessenaarkalender.
Kersrangskikking
‘n Foto is geneem van ‘n rangskikking wat aarbeie, perskes, perskeblare, blare van ‘n huilboenboonboom en geelhouttakkies bevat het.
Die rangskikking is toe elektronies “uitgesny” en op ‘n eenvormige groen agtergrond geplaas. Dit is daarna m.b.v. sagteware gemanipuleer om verskillende weergawes te skep.
Krismisrose
Soos die naam aandui, blom krismisrose in kerstyd in Suid-Afrika. ’n Nabyfoto van ‘n blomhofie is geneem (die eerste beeld in die
reeks) en toe m.b.v. sagteware gemanipuleer om verskillende weergawes te skep.
Kerswense
‘n Verskeidenheid nabyfoto’s is geneem van aarbeie, blare van ‘n huilboenboonboom, geelhouttakkies en klimop (“ivy”). Die voorwerpe
is toe elektronies “uitgesny” en gerangskik om ‘n raam te vorm. Verskillende agtergronde is gebruik, o.a. van ‘n foto van krismisrose wat elektronies omskep is in ‘n “waterverfskildery”.
Hoe om skermskutte te installeer en te gebruik
Kalender en Centurion Gold (*.SCR lêer)
Bêre die lêer op skyf (beveel aan C:\WINDOWS\). Gebruik gewone Windows proses om skermskut te kies en op te stel.
Kombinasie x (*.exe lêer)
Die skermskutlêers is saamgepers en verpak in 'n selfontknopende "zip"-lêer.
Bêre die lêer op skyf en loop dit later of kies “Run” indien die opsie verskaf word wanneer op die lêer geklik word om dit af te laai. Wanneer die lêer uitgevoer (ge-“run”)
word, word die skermskutlêers ontknoop en op skyf geskryf. (Dit word by verstek op C:\WINDOWS\ geplaas maar 'n ander gids kan gekies word.)
Algemeen: Opstel en Gebruik van Skermskut
Raadpleeg die Windows-handleiding of 'n kundige (iemand tussen 5 en 18 jaar oud!)
indien u nie weet hoe om 'n skermskut ("screensaver") op te stel nie.
|