|
|
|
|
|
|
Die gebruik van hierdie Webwerf, die inligting daarop en skakels na ander Webwerwe is op die gebruiker se eie risiko.
SuproNet/BesigheidCenturion/CenturioNet is ook nie verantwoordelik vir die gehalte van al hierdie webwerwe nie aangesien sommige deur ander ontwerpers ontwikkel en in stand gehou word.
|
|
|
 |
|
| BesigheidCenturion |
Inskrywing - Entry |
| GRATIS insluiting in hierdie gids. Voorkeurplasing met logo ook beskikbaar teen billike prys. |
| Tel: (012) 653-2405 |
|
 |
|
| SUPROKON Bestuursdienste |
www.suprokon.co.za |
| Suprokon Bestuurdienste lewer algemene bestuurs- en konsultasiedienste en fokus op marknavorsing (IT-bedryf) en projekbestuur met spesifieke vaardighede in ISO 9000, Internet, elektroniese handel en bestuur in die algemeen. |
| Tel: (012) 653-2405 |
|
 |
|
| SuproNet |
www.supronet.co.za |
| SuproNet verskaf dienste op die gebied van webontwerp, ontwikkeling, huisves, onderhoud en bemarking van webwerwe en verskaf ook raad oor bogenoemde aspekte. Kliënte in die Centurion-omgewing se webwerwe word bemark deur gebruik te maak van twee portale wat op Centurion fokus naamlik CenturioNet (‘n webwerf met algemene inligting oor Centurion) en BesigheidCenturion (‘n webwerf wat fokus op besigheid in Centurion) |
| Tel: (012) 653-2405 |
|
 |
|
| 3@1 Mall@Reds |
www.3at1.co.za |
| Elektroniese kommunikasie (e-pos, Internettoegang, eHandel), besigheidskommuniksaie (fotokopiëring, laminering, bindwerk, drukwerk, foto-afdrukke, skryfbehoeftes) en posdiens (plaaslike en internasionale koerier, posbushuur, ens). |
| Tel: (012) 656-8382 |
|
 |
|
| Aliberti Business Solutions Bk |
Geen - None |
| Finansiële DiensVerskaffer (makelaar) wat spesialiseer in risikodekking, beleggings, mediese fondse en korttermynversekering.
Voortsetting van die lewensstandaard van die versekerde en sy afhanklikes/kollegas/sakevennote - by 'n onvoorsiene gebeurlikheid
(dood, ongeskiktheid, trauma) of beplande gebeurlikheid (aftrede) is my spesialiteit. Sleutelwoord is "longivity"!
Sakeversekering, aftrede- en boedelbeplanning, persoonlike belasting is dus die fokusareas van my praktyk. |
| Tel: (012) 653-0187 |
|
 |
|
| All Programming |
www.allprogramming.co.za |
| All Programming is a sagteware-ontwikkelingsmaatskapy wat spesialiseer in die ontwikkeling van doelgemaakte sagteware en webwerwe in Centurion, Pretoria en Gauteng. |
| Tel: 071-385-7626 |
|
 |
|
| Amazing SA |
www.amazingsa.com |
| Amazing SA bied profesionele koõrdinering van korporatiewe funksies en konferensies asook gholftoere, wegbreeknaweke,
safari, gholfdae en luukse 8-sitplek busvervoer |
| Tel: 082-789-0239 |
|
 |
|
| Anansi Heights |
www.anansibiz.co.za |
| Ons verskaf akkommodasie, langtermynverblyf en konferensiefasilitieite in Centurion. Ons is sentraal gelee en is 3 minute
vanaf Centurion SSG. Ons verskaf gratis vervoer na die konferensie aan besighede in Centurion. |
| Tel: (012) 663-7665 |
|
 |
|
| BEE Verification Agency CC |
www.beever.co.za |
| BEE Verification Agency doen SEB (BEE) bevestiging en SEB konsultasie vir besighede. BEE Verification Agency is 'n volle
lid van ABVA en geakkrediteer/gelisensieer deur SANAS |
| Tel: 083-289-0276 |
|
 |
|
| Brandow Financial |
www.brandow.co.za |
| Fasilitering van Huislenings (verbande), Kommersiële Finansiering, Besigheidsfinansiering, Besigheidsplanne , Lewens- en
korttermynversekering, Eiendomssindikasies. |
| Tel: (012) 654-6190 |
|
 |
|
| Business Consulting SA |
www.businessconsultingsa.com |
| Ons het verskeie winsgewende klein-, medium- en mikrobesighede te koop in Centurion en Pretoria. |
| Tel: 072-287-2828 |
|
 |
|
| Centurion House of Events |
Geen - None |
| 'n Opleidingsentrum vir "sagte" vaardighede 3km vanaf Centurion Mall. Daar is twee opleidingslokale vir 'n maksimum van onderskeidelik 10 en 20
persone. Ons doen spyseniering vir funksies wat hier gehou word en al ons kos is Halaal. Ons verskaf ook 'n professionele administratiewe diens asook
reisreëlings vir kliënte van ander gebiede. Ons is 100% SEB. |
| Tel: (012) 374-6940 |
|
 |
|
| Centurion Sakekamer |
www.centurionet.co.za/sakekamer/ |
| Die sakekamer bestaan uit sakemense wat in Centurion werk of woon en omsien na die gemeenskaplike belange van sakelui. Deur afflliasie met die AHI het elke lid inspraak in Besigheid SA. |
| Tel: (012) 664-6158 |
|
 |
|
| Chartwell Travel Services |
www.chartwelltravelservices.com |
| Chartwell Travel Services spesialiseer in al die uitdagende besonderhede van 'n goedbeplande besigheidsreis of vakansie.
Van plaaslike tot internasionale vlugreëlings en reël van motorhuur, verblyf, visums, buitelandse valuta, toere en
konferensies. |
| Tel: 082-469-8695 |
|
 |
|
| Compassionate Leadership |
www.complead.co.za |
| Compassionate Leadership is 'n konsultasie- en toerustingsbesigheid wat deur sake-etes en dagseminare sakepersone toerus om
gesonde werkverhoudinge te handhaaf. Die aanbieder se boek, wat die basis van die aanbiedinge vorm, word tans ook in die
buiteland bemark. |
| Tel: (012) 546-5623 |
|
 |
|
| Compendia Communication |
www.compendia.co.za |
| Omvattende kommunikasiedienste insluitende skakelwerk, mediadienste, webwerfontwerp, taaldienste en reël van funksies. "Ons
vertaan u kommunikasiebehoeftes" |
| Tel: (012) 661-8264 |
|
 |
|
| Computer Troubleshooters - Centurion |
www.ctcenturion.co.za |
| Herstel, instandhouding en ondersteuning van bedieners, rekenaars en netwerke op kliënt se perseel. Sluit programmatuur
(sagteware) en hardeware in. Gemagtigde (Goud) herverkoper van AVG anti-virussagteware. Ons spesialiseer in
diensooreenkomste en bestuurde dienste. Ons is deelvan 'n internationale groep met 500 takke. |
| Tel: (012) 654-1896 |
|
 |
|
| Courier Solutions |
www.couriersolutions.co.za |
| Koeriers van pakette en snelvrag, plaaslik, nasionaal en internasionaal. Deur-tot-deurdiens. |
| Tel: (011) 805-2900 |
|
 |
|
| Creative Design Corner |
www.creativedesigncorner.co.za |
| Creative Design Corner bied 'n aantreklike verskeidenheid webontwerp, drukwerk en kontoorhulp wat deur enige besigheid
gebruik kan word om hulle handelsmerk te vestig. Deur 'n professionele beeld te skep en aansig te gee an iets nuuts, sowel
as die ontwikkeling van 'n Intenetoplossing, help ons jou om die beste te maak van jou besigheid deur die Internet sowel as
in druk en ontwerp. |
| Tel: 071-507-4417 |
|
 |
|
| Crescent Copy Centre |
www.kyamaprint.co.za |
| Crescent Copy Centre spesialiseer in dienste soos digitale kleurkopiëring, drukwerk, laminering en bindwerk op ons
perseel. Ons doen ook grafiese en webontwerp soos deur die kliënt benodig. Winkel 2D, Centurion Crescent Sentrum,
Lenchenlaan, Centurion. Baie parkering! |
| Tel: (012) 643-1839/1 |
|
 |
|
| D G Bezuidenhout Registered Accountants |
Geen - None |
| Volle rekeningkundige en boekhoufunksie en -konsultasie, besigheidontwikkeling en belastingkonsultasies en -oplossings,
projekbestuur, statutêre behoeftes (BTW,LBS ens.) en besigheidregistrasies, rekeningkundige en boekhoustelsel en interne
beheermaatreels ontwerp en implementasie. Laat ek jou help om jou besigheidprosedures te verbeter om meer winsgewend te wees en
een stap voor ander besighede te wees. |
| Tel: 082-926-8127 |
|
 |
|
| Dealchasers |
www.dealchasers.co.za |
| Besigheidsmakelaar wat nie net besighede bemark nie, maar ook voornemende franchisors bystaan met hoe hulle hulle
konsep kan verder neem. |
| Tel: (012) 654-0321 |
|
 |
|
| Delivrance Recruitment Specialists |
www.delivrancerecruitment.co.za |
| Delivrance Recruitment is 'n gespesialiseerde werwingsagentskap wat fokus daarop om beide die werkskepper- en
werksoekermarkte te bedien. Ons streef daarna om talentvolle mense van hoogstaande gehalte, wat nie net oor die tersaaklike
vaardighede beskik nie maar kan inskakel by die kultuur en span waarmee hulle sal moet saamwerk, te plaas. Met ons
kundigheid en ervaring van agt jaar se diens in die finansiële en verkopemarkte verbind ons ons tot die lewer van
uitmuntende diens. Ons is presies wat ons naam aandui. |
| Tel: (012) 661-4117 |
|
 |
|
| Equal Career Services (Pty) Ltd |
www.equalcareers.co.za |
| Jou beleggingsvennoot. As jou besigheidsvennoot kan Equal Career Services jou bystaan met oplossings wat sal verseker dat jou beleggings 'n opbrengs lewer. Ons is entoesiasties oor die verbetering van besigheidsoplossings. Ons produkte en dienste is ontwerp om werkverrigting te verbeter en daardeur winsgewendheid te verhoog. Ons span bestaan uit mense met praktiese besigheidsondervinding en is uitgekies vir menslike en operasionele ontwikkeling in die vervaardiging- en kleinhandelomgewing. |
| Tel: (012) 664-7301 |
|
 |
|
| Eusham Technologies and Consultants (Pty) Ltd |
Geen - None |
| Volledige diens ten opsigte van oudio-visuele verkope, installering, huur, diens en instandhouding. verskaf
kostedoeltreffende ontwerp om aan die vereistes van die nywerheid, fabrieke, winkelsentrums, skole, kerke, hotelle,
konferensiefasiliteite, raadsale en vergaderplekke te voldoen. Ons dienste/produkte sluit in: Openbare
Aankondigingstelsels, (interkom), Konferensies, Intydse vertaling, Videokonferensies, Geslotebaan TV ("CCTV"),
Brandsensors, Klankafskerming en Tuisteaterstelsels. |
| Tel: (011) 803-2957 |
|
 |
|
| Gecko Communications |
www.geckocom.co.za |
| Grafiese ontwerp en bemarkingskommunikasiedienste, insluitende die ontwikkeling, ontwerp en projekbestuur van alle tipes
drukwerk, promosie, advertensies, bemarkingsmateriaal asook elektroniese bemarking. |
| Tel: (012) 683-0232 |
|
 |
|
| Gerhard Combrinck & Associates |
www.investment-finance.com |
| Gerhard Combrinck & Associates is 'n verskaffer van gespesialiseerde finansierings-, besigheidsbeleggings- en
besigheidskonsultasiedienste. Ons fokus op klein- tot mediumgrootte besighede in Suid-Afrika en die res van Afrika. Ons
ondervinding in die areas van nuwe sake-ondernemings, besigheidsplanontwikkeling, leningsfinansiering, besigheidskonsultasies,
strategie-ontwikkeling en fasilitering - namens plaaaslike en internasionale maatskappye - onderskei ons as 'n diensverskaffer
van formaat. |
| Tel: (012) 998-4864 |
|
 |
|
| Global Solutions & Resources (GSR) |
www.gsr.co.za |
| Global Solutions & Resources (GSR) verskaf 'n wye reeks konsultasiedienste en -produkte, insluitende bestuurskonsultasie, plasingsdienste en opleiding en ontwikkeling. Hierdie dienste word plaaslik en buitelands verskaf in ooreenstemming met internasionale beste praktyk. Ons spesialiseer in prestasieverbetering in beide tegnologie en mense. Ons fokus op menslike hulpbronne (MH, "HR"), IT en kommunikasietegnologie (KT, "CT") |
| Tel: (011) 802-3436 |
|
 |
|
| HUCAM (Pty) Ltd |
www.hucam.co.za |
| Fasilitering en advisering aan Klein - mediumgrootte organisaies t.o.v. optimale benutting van menslike hulpbronne tot voordeel van die besigheid.
Effektiwiteitstudies en "Investors in People" Assesserings. Bestuursmentorskapprogramme, en vrouens-in-besigheidstudies. |
| Tel: (012) 665-5551 |
|
 |
|
| Hygiene Solutions |
www.hygienesolutions.co.za |
| Droogskoonmaak van gordyne waar hulle hang. Gewaarborg dat nie sal krimp of beskadig word nie. Ons droogskoonmaak ook
blindings, matte (insluitende Persiese en oosterse matte), stoffering en doen diepskoonmaak en reiniging van matrasse. |
| Tel: (012) 664-4787 |
|
 |
|
| iCreation |
www.icreations.co.za |
| iCreation is 'n afdeling van SA Consultants Consortium (Emds) Bpk en bied professionele webwerfontwikkeling teen
bekostigbare pryse. |
| Tel: (012) 665-0307 |
|
 |
|
| Income ZA |
www.income.za.net |
| Verskaf tuisbedryfgeleenthede met verskillende inkomstebronne op die Internet deur winsgewende webwerwe en bemarkingshulpmiddels
in Centurion, Suid-Africa. |
| Tel: 083-441-0400 |
|
 |
|
| Indus Consulting (Pty) Ltd |
www.indus.co.za |
| Konsultasiedienste aan klein besighede en bedryfsregondernemings ('franchises') |
| Tel: 082-455-5224 |
|
 |
|
| Ingenuity Recruitment |
Geen - None |
| Ingenuity Recruitment bied 'n verskeidenheid professionele werwing- en keuringsdienste oor verskillende nywerheidsektore. Dienste: Permanente
aanstellings, hantering van reaksie Toegevoegde Waarde: Gestruktureerde onderhoude; nagaan van verwysings, kredietwardigheid, misdaadrekord en
kwalifikasies; psigometriese evaluasies. |
| Tel: (011) 805-2578 |
|
 |
|
| Kobus Coetzee Kliniese Sielkundige |
www.centurionpsychologist.co.za |
| Kliniese Sielkundige, terapie vir volwassenes en tieners. Huweliksberading en terapie vir pare. Forensiese sielkundige
dienste. |
| Tel: 084-552-0562 |
|
 |
|
| Le Mont Securities |
Geen - None |
| Ons help kliënte met buitelandse kontrakte en lokokwotasies ('spot'-kwotasies) in alle belangrike geldeenhede. Ons kan
strategiese beplanning doen en dokumente elektronies indien by banke. Direkte koper/verkoper SWIFT bevestigings,
skeepsvaartversekering, ge-outomatiseerde voltooiïng van betalingsbalansvorms. Meer as 50 jaar ervaring in finansiële
markte. |
| Tel: (011) 314-2708 |
|
 |
|
| Lodge Ronda |
www.lodgeronda.co.za |
| Lodge Ronda is 'n nuwe fasiliteit met akkommodasie (38 beddens) in 16 en suite kamers, asook 4 konferensiesale wat 300, 150, 100 en
40 kursusgangers in veskillende uitlegte kan huisves. Lodge Ronda doen funksies soos troues en private partytjies. Kapel op perseel.
Parkering binne sekuriteitsheining. |
| Tel: (012) 654-5645 |
|
 |
|
| Marketingworks |
www.marketingworks.co.za |
| Jou uitgekontrakteerde bemarkingsbestuurder vir klein tot mediumgrootte besighede. Stel ons teen 'n geringe fooi aan om
jou webwerf en besigheid te bemark. Ons bemarking werk. |
| Tel: 084-247-4890 |
|
 |
|
| Nationalfax |
www.nationalfax.co.za |
| Ontvang jou fakse direk op jou rekenaar, GRATIS. Geen hardeware, sagteware of lyne nie. Fakse gaan direk na jou
eposadres. |
| Tel: (012) 651-3612 |
|
 |
|
| Netcash (Pty) Ltd |
www.debitorder.co.za |
| Ons bied die mees bekostigbare, veiligste en effektiefste debietorder en EFT platform beskikbaar in Suid Afrika. Geen
sagteware en 100% geld-terug-gewaarborg. |
| Tel: (012) 653-3028 |
|
 |
|
| New Opportunities Consulting |
Geen - None |
| New Opportunities Consulting lewer konsultasiedienste in die volgende areas: Korporatiewe sosiale
verantwoordelikheidsprogramme, Werknemershulpprogramme, Werksverlieshantering, besigheidsverandering (transformasie), implementering van sosiale en arbeidsplanne, SEB (BEE) konsultasie |
| Tel: 083-289-0276 |
|
 |
|
| Nina Britton Art & Design |
www.dzyne.co.za |
| Ons voorsien oplossings vir al jou kreatiewe behoeftes, vir unieke, stylvolle ontwerp in fyn kuns, grafiese onwerp
(korporatiewe identiteit tot uitnodigings en vele meer), webbladontwerp en -onderhoud plus vele meer. |
| Tel: 082-881-1895 |
|
 |
|
| NuQ (Edms) Bpk |
www.nuq.co.za |
| NuQ HR/Payroll - Moderne betaalrol stelsel (met HR) vir die 21ste eeu. Maklik om te gebruik. Ontwerp en getoets deur
Suid-Afrika se voorste kenner op die gebied, Ron Warren. |
| Tel: (012) 667-2970 |
|
 |
|
| Oxygen Events Management |
www.oxygenevents.co.za |
| 'n Onderneming wat geleenthede organiseeer ('event management') en wat alles verskaf om die doeltreffende organisering
van 'n geleentheid te verseker. Ons is nie konvensionele organiseerders van geleentehde nie. Ons skerp oog vir
besonderhede van vóór tot ná die geleentheid is die basis waarop ons bou. Daar is slegs een geleentheid om dinge die
eerste reg te doen en daarom is uitmuntendheid die sleutel tot ons beplanning. |
| Tel: 076-290-7886 |
|
 |
|
| People Development Specialists (PDS) |
Geen - None |
| Professionele Menslike Hulpbronbestuur & Salarisbestuur vir klein en medium organisasies. |
| Tel: 082-924-2534 |
|
 |
|
| Personnel Enrichment Services |
Geen - None |
| Ek sal waarde voeg by u besigheid deur die volgende programme te fasiliteer: Werknemer hulpprogram, lewensvaardighede-opleiding, vigsprogram en -beleid, sosiale investering. 'n Luuksheid sê u? Net as u geen personeel in diens het nie! |
| Tel: 079-525-3863 |
|
 |
|
| Pocket-PA |
www.pocket-pa.co.za |
| Spesialiseer in organisering van konferensies, korporatiewe klere en geskenke, drukwerk, wynverkope en enige
geleentheid/partytjie vir individue en maatskappye. Akkomodasie vir gaste in Muldersdrift-gebied. |
| Tel: 083-327-2851 |
|
 |
|
| Poplas Events & Catering |
Geen - None |
| Beplanning en spyseniering vir funksies en ander geleenthede: Begrafnisse, huispartytjies, troues, partytjies, ens. |
| Tel: 082-490-0030 |
|
 |
|
| Rall Besigheidkonsultasie BK |
www.e-taxcalc.co.za |
| Belastingkonsultasie, Rekeningkundige Dienste & Pastel Handelaar |
| Tel: (012) 654-0150 |
|
 |
|
| R-e-volution |
www.r-e-volution.co.za |
| Ontwikkeling en implementering van planne, aksies en werkswyses om maatskappye te help om meer winsgewend te wees. Ons fokus
op sake-strategie, bedryfsverbetering en strategiese aankope. Ons roem onsself daarop dat ons meetbare waarde toevoeg. Ten einde
die impak te bewerkstellig werk ons ten nouste met ons kliente saam ten einde die bedryfsprobleme en -geleenthede vir
verbeteringe vanuit hulle perspektief te verstaan. Ons werk met kliente begin dus met 'n analise, alvorens 'n toepaslike
bloudruk vir verbetering ontwikkel word. Hierdie bloudruk word dan, na goedkeuring van ons klient, implementeer. Ons werk regoor
Suid-Afrika in enige maatskappy, ongeag grootte, en is nie industrie-gebonde nie. |
| Tel: (012) 667-2795 |
|
 |
|
| Rusty Pear Marketing Solutions |
www.rustypear.co.za |
| Webontwikkeling, promosie-items, grafiese ontwerp, bemarking. |
| Tel: 082-480-4428 |
|
 |
|
| Selective Events |
www.selectiveevents.co.za |
| Selective Events spesialiseer in die organisering van jaareindfunksies, temapartytjies, besigheids- en korporatiewe
funksies, konferensies en toere. |
| Tel: 083-383-1881 |
|
 |
|
| ShopFX |
www.shopfx.co.za |
| Gee jou besigheid die geleentheid om te groei in die wêreld van internet inkopies; dit sal jou 'n kompenterende
voordeel gee. Veilig, funksioneel, bekostigbaar en maklik om te gebruik - ShopFX is 'n aanlyninkopiestelsel wat beheer
word deur 'n aflynstelsel. |
| Tel: (012) 664-4054 |
|
 |
|
| Slipstream Business Services |
Geen - None |
| Boekhoudienste. Maandelikse state tot met balansstaat en proefbalans. Maandelikse statutêre opgawes (SAID
LBS/WVF/VOH/BTW, Staalnywerheid). Betaalstaat. Voorbereiding vir oudit. |
| Tel: (012) 653-6429 |
|
 |
|
| SMS Hiring |
Geen - None |
| SMS Hiring het eksklusiewe spysenieringstoerusting te huur vir enige funksie, jaareind, verjaardag, troue, ens. Kom kyk na al die huuritems wat
beskikbaar is om u funksie onvergeetlik te maak. |
| Tel: (012) 664-4401 |
|
 |
|
| starbaL.net Language Services |
www.starbal.net |
| Ek bied 'n aanlyn en fisiese (papier) taaldiens wat die doeltreffendhied en aanbieidng van jou geskrewe kommunikasie sal
verhoog, hetsy vir besigheid, persoonlik of vir studie. Dienste sluit in proeflees, redigering, skryf, navorsing,
formattering en aanbiedings. Duidelike, bondige en taalkundig-korrekte teks wat goed aangebied word sal jou kanse op
suskses verhoog. Geen werk is te groot of te klein nie. Hetsy vir 'n een-bladsy advertensieblaadjie of lang roman,
starbal.net verseker jou 'n verbintenis tot gehalte en professionaliteit met sterk klem op detail. |
| Tel: 082-826-2061 |
|
 |
|
| TAG Consulting and Training |
www.tagafrica.co.za |
| TAG Consulting and Training bou produktiewe vennootskappe met elke kliënt deur kostedoeltreffende en resultaatgedrewe
ontwikkelingstussentredes en -oplossings wat sal lei tot optimum indiwiduele, span- en leierskapprestasie, organisatoriese
uitsette en sukses. Ons fokus op diensverskaffing op die volgende gebiede: Leer- en Opleidingsoplossings,
Spanbou-oplossings en oplossings vir die bestuur van menslike hulpbronne. |
| Tel: (012) 654-1207 |
|
 |
|
| The Business Centre |
Geen - None |
| Jou een-stop-kopieerdiens! Ons doen hoë-oplaag drukwerk, kopiëring, fakse, bindwerk, laminering, en verkoop inkpatrone ('cartridges'). Lisensiëring van
voertuie ook beskikbaar. Ons het 'n Internetkafee vir jou Internetbehoeftes. Besoek ons by Winkel 11, Highpark Sentrum op die hoek van Charles de
Gaullestraat en Loganlaan langs die More Flowers More Veg-winkel. Ons maak ook oop in die Eco Boulevard winkelsentrum, langs Checkers. |
| Tel: (012) 665-0973 |
|
 |
|
| The Catering Crew |
www.thecateringcrew.co.za |
| The Catering Crew spesialiseer in buitenshuise spyseniering soos ons bekende spitbraai, gaarnaalbraai en
souvlaki-spitbraai. Ons is ten volle beweeglik en werk in Centurion en die noordelike voorstede van Johannesburg - en enige
plek in Gauteng. Binne of buite, formeel of informeel, besigheid of privaat, The Catering Crew kombineer unieke styl,
tradisionele disse en hedendaagse visie om uitstaande gehalte spyseniering te verskaf vir enige geleentheid. Kontak ons
vandag vir spyskaartidess en akkurate kwotasies. |
| Tel: 083-923-0644 |
|
 |
|
| The Courier Link |
www.thecourierlink.co.za |
| Seldedag- en oornagaflewering van pakkies en vrag. Koerier en vragdiensverskaffer in Suid-Afrika. Ons lewer af by enige bestemming nasionaal en
internasionaal. Bedien ook die Centurion-omgewing. |
| Tel: (011) 803-9993 |
|
 |
|
| Thusanang Consulting |
Geen - None |
| Opstel en nagaan van besigheids- en bemarkingsplanne. Doen van besigheidswaardasies, identifisering en ontleding van
besigheidsgeleenthede en fasilitering van befondsing van nuwe en bestaande besighede. |
| Tel: 082-496-2652 |
|
 |
|
| TIQMS |
www.tiqms.co.za |
| Konferensiegeriewe in Highveld Centurion. Kursusse in gehalte - ISO 9001; ISO 14001, TS 16949 risikobestuur en Ses Sigma |
| Tel: (012) 665-0088 |
|
 |
|
| UNIGLOBE Crigel Travel |
www.uniglobecrigeltravel.com |
| Reisagentskap wat spesialiseer om in die behoeftes van die korporatiewe reisiger te voldoen. Kan ook die vakansieganger
se behoeftes aanspreek |
| Tel: (012) 654-2902/4 |
|
 |
|
| Untagged Design |
www.untagged.co.za |
| Grafiese ontwerp, webontwerp, advertensie, bemarking en drukwerk |
| Tel: 084-205-7452 |
|
 |
|
| Watermans Chartered Accountants |
Geen - None |
| Ons bied persoonlike finansiële raad, oudits, rekeningkundige dienste, belastingdienste en sekretariële dienste. Ons
streef na professionaliteit en gehalte. |
| Tel: (011) 315-3700 |
|
 |
|
| Working At Life |
www.working-at-life.org |
| Working at Life is 'n organisasie wat lewensafrigting-, opleidings- en menslikehulpbronkonsultasiedienste verskaf en
spesialiseer in vaardigheodsontwikkeling and besigheidsafrigting. Ons bied ook lewensvaardigheiswerkswinkels en
lewensafrigting vir tieners. |
| Tel: (012) 654-6583 |
|
 |
|
| You Can Africa Training & Conference Centre |
Geen - None |
| Die konferensiesentrum bied die volgende: (1) 'n Lapa wat 70 sittende persone in 'n verskeidenheid sitplekopstellings met gemak huisves. (2) Dit spog
met 4 braaiareas met ingeboude braaigeriewe en kroegfasiliteite. (3) Ander fasiliteite: 'n Mediumgrootte swembad en vlugbalbaan met oorspronklike
seesand. Hierdie geriewe is tot die beskikking van afgevaardigdes wat wil ontspan na 'n harde dag se konferensie. (4) Ons beskik ook oor 'n grasperk
omring met bome langs die Centurionmeer wat benut kan word vir spanbou-oefeninge. (5) Die konferensiegebied is in 'n stil en rustige omgewing met
ruim parkeergeriewe ir afgevaardigdes. Die gebied is veilig en word bewaak en gepatrolleer. |
| Tel: (012) 643-0803 |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Nie gevind waarna u gesoek het nie?
Probeer ook die volgende:
- Alternatiewe kategorieë verwant aan hierdie kategorie:
- Ons soekenjin om deur die hele BesigheidCenturion of selfs CenturioNet en SuproNet te soek.
- Die “Open Directory Project” se besigheidsgids vir Gauteng, Suid-Afrika
|
|
|
|